Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit " Die dye trek die dye aan " deur ANTJIE KROG
Uit " Die dye trek die dye aan " deur ANTJIE KROG [boodskap #65283] Sa, 03 Augustus 2002 13:18 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Uit "Die dye trek die dye aan."
Antjie Krog

die hokkieproewe duur die glansen-
de dag lank
'n oopgekliefde oogbank
ontsmet ek
my hande skutblaar haar parmantige
kop
trip die gevlegde paadjies na
die skraal ingeteuelde leftwing
krul op die veld van pyn
ek sit my hand op die dyspier
wat ondervels bibber soos 'n ratel
of rot
o waar sal my gulp vandaan kom?

(Gedigte, 1989-1995)
Re: Uit " Die dye trek die dye aan " deur ANTJIE KROG [boodskap #65285 is 'n antwoord op boodskap #65283] Sa, 03 Augustus 2002 18:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Is dit een van die lesbiese verse van mindere gehalte wat jou so pla?
Ek het eerlik geglo jy ken die familietjie met hulle eiesoortige
eienaardighede - en dat jy daarmee verlief neem? In seker families loop die
skuinstreep diep.
skryf in boodskap news:3D4BD8B2.4070109@rogers.com...
> Uit "Die dye trek die dye aan."
> Antjie Krog
>
> die hokkieproewe duur die glansen-
> de dag lank
> 'n oopgekliefde oogbank
> ontsmet ek
> my hande skutblaar haar parmantige
> kop
> trip die gevlegde paadjies na
> die skraal ingeteuelde leftwing
> krul op die veld van pyn
> ek sit my hand op die dyspier
> wat ondervels bibber soos 'n ratel
> of rot
> o waar sal my gulp vandaan kom?
>
> (Gedigte, 1989-1995)
>
Re: Uit " Die dye trek die dye aan " deur ANTJIE KROG [boodskap #65311 is 'n antwoord op boodskap #65285] Ma, 05 Augustus 2002 08:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Is dit een van die lesbiese verse van mindere gehalte wat jou so pla?
- en dat jy daarmee verlief neem?

Antjie is redelik jonk getroud met 'm musikus wie se naam mens nog
soms oor die radio hoor. Dit het nie lank gehou nie en toe is sy weer
getroud. Gisteraand het my vrou met haar suster gepraat en dit klink
asof sy, Antjie, al ouma is. Die slim mense sê mos latente
homoseksualisme is baie algemeen. Ek ken Antjie nie goed genoeg nie.
Onderaan Die gedig wat Gloudine gepos het staan "Gedigte 1989 - 1995."
In 1989 was Antjie nader aan 40 as aan 30, dus twyfel ek of sy nog aan
hokkieproewe sou deelneem. Dalk maar 'n ouer gedig.

> In seker families loop die skuinstreep diep. ...Ek het eerlik geglo
jy ken >die familietjie met hulle eiesoortige eienaardighede.

Wag nou bietjie. Ek ken 'n hele klompie Krog vrouens en dogters en
hulle familie. As enige een van hulle sulke neigings het sal jy my
werklik met 'n veertjie kan omtik. Mens kan natuurlik nooit seker wees
nie, maar bring maar daai veertjie.

Drom
Re: Uit " Die dye trek die dye aan " deur ANTJIE KROG [boodskap #65321 is 'n antwoord op boodskap #65311] Ma, 05 Augustus 2002 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Antjie is redelik jonk getroud met 'm musikus wie se naam mens nog
> soms oor die radio hoor. Dit het nie lank gehou nie en toe is sy weer
> getroud.

Ek weet nou nie of ons Antjie Krog se
lewe hier op hierdie nuusgroep moet
sit en oopvlek nie. Maar iemand wat nie
vir haar ken nie, maar wat in Kaapstad
bly en van haar eerste man geweet het,
het 'n rukkie gelede vir my gesê dat die
eerste huwelik op die rotse geloop het
omdat dié man 'n kortstondige homoseksuele
alliansie gehad het. Ek voel nou altyd
dat Antjie hierdie sogenaamde lesbiese
verse skryf in 'n poging om haar vorige
veroordeling van homoseksualiteit te
probeer uitwis. Ek kry die indruk dat
sy 'n besonder innige verhouding met haar
teenwoordige man het. Sy verwys baie na
hom in "Country of my Skull" en as ek dit
nie mis het nie, is een van sy verse
ingesluit in "Die dye trek die dye aan."

Gloudina
Re: Uit " Die dye trek die dye aan " deur ANTJIE KROG [boodskap #65331 is 'n antwoord op boodskap #65311] Ma, 05 Augustus 2002 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Drom - jammer, maar die skuinstreep verwys glad nie na seksuele voorkeure
nie. Dit ten spyt is dit duidelik dat Gloudina minder verlief neem met
lesbiese neigings as met die moffieskap onder mans. Seker omdat die
mannetjies "sulke goeie vriende is - en jy nie bedreigd voel nie..."
Of, wonder sy oor die handruk wat met die handtekening (in die boek) gegaan
het?

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0208050004.1b70b116@posting.google.com...
> "Jonas" wrote in message
news:...
>> Is dit een van die lesbiese verse van mindere gehalte wat jou so pla?
> - en dat jy daarmee verlief neem?
>
> Antjie is redelik jonk getroud met 'm musikus wie se naam mens nog
> soms oor die radio hoor. Dit het nie lank gehou nie en toe is sy weer
> getroud. Gisteraand het my vrou met haar suster gepraat en dit klink
> asof sy, Antjie, al ouma is. Die slim mense sê mos latente
> homoseksualisme is baie algemeen. Ek ken Antjie nie goed genoeg nie.
> Onderaan Die gedig wat Gloudine gepos het staan "Gedigte 1989 - 1995."
> In 1989 was Antjie nader aan 40 as aan 30, dus twyfel ek of sy nog aan
> hokkieproewe sou deelneem. Dalk maar 'n ouer gedig.
>
>> In seker families loop die skuinstreep diep. ...Ek het eerlik geglo
> jy ken >die familietjie met hulle eiesoortige eienaardighede.
>
> Wag nou bietjie. Ek ken 'n hele klompie Krog vrouens en dogters en
> hulle familie. As enige een van hulle sulke neigings het sal jy my
> werklik met 'n veertjie kan omtik. Mens kan natuurlik nooit seker wees
> nie, maar bring maar daai veertjie.
>
> Drom
Re: Uit " Die dye trek die dye aan " deur ANTJIE KROG [boodskap #65335 is 'n antwoord op boodskap #65331] Ma, 05 Augustus 2002 18:08 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

Dit ten spyt is dit duidelik dat Gloudina minder verlief neem met
> lesbiese neigings as met die moffieskap onder mans.

Soos gewoonlik, ou Jonas, is jy weer
jou einste veroordelende en mistastende
self. Jy mis gewoonlik die punt, gewoonlik
omdat jy uit onkunde praat ( soos die keer
wat jy so gepraat het oor Unisa en oor die
vingers getik moes word deur mense in UNISA
self.) Daar is goeie lesbiese digters
in SA. Maar as mens goeie gedigte wil skryf,
lesbies of nie, moet daar lesbiese liefde
wees, nie net vermeende lesbiese lust nie.
Ek dink Jeannette Goosen, as ek reg onthou,
is 'n goeie voorbeeld van oortuigende lesbiese
verse. Ek hou oor die algemeen ook nie van
Joan Hambidge se lesbiese verse nie. Ek voel
altyd sy gebruik die digvorm vir ander motiewe.
En ek sal presies dieselfde sê van manlike
gay digters. Daar is digters wat op die koop
daarmee loop, en in die proses slegte gedigte
skryf. En dan is daar die wat diepe liefdesverse
skryf, en hulle ontroer selfs heteroseksueles.
Dis wat I. D. du Plessis doen, en ook Leipoldt.
Ek reken ook Ernst van Heerden was iemand wat
suksesvol was en tog algemeen aangeneem is as
'n redelike goeie SA digter.

Gloudina
Vorige onderwerp: Uit " onvertaalde teleks " deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: " Bosmens " deur PETRA MULLER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 15:55:25 MGT 2024